STILBAAI NUUS - Die Jongensfontein-straatmyl vind vanjaar op 27 Desember plaas en daar is lekker pryse op die spel.
Jy kan laat slaap, want die opwarming begin 15:00 en die eerste resies 16:00.
Daar is resies vir o. 10, o. 14, o. 18, elitegroep 19 - 49 en 'n meestersgroep 50 plus.
Die fondse gaan vir die Jongensfontein-buurtwag, 'n groep vrywilligers wat hard werk om vir julle 'n sorgvrye en veilige vakansie te verseker.
Bring die hele familie, want dit is 'n goeie manier om van die Kersete oordadigheid ontslae te raak.
Vir navrae kontak 083 228 3886 of jfstraatmyl@gmail.com
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’