Advertorial
SAKENUUS - Jaarliks vanaf Oktober tot November het fondse ’n vensterperiode waartydens lede hul plan opsies kan herevalueer en die nodige veranderinge aanbring.
Gesondheidsorg is ’n baie belangrike komponent van die finansiële beplanningsproses.
Goeie navorsing oor waar ’n lid die beste mediese dekking teen die mees bekostigbare prys kan kry is deesdae uiters belangrik.
Waar begin ek?
- Evalueer jou skema se voordele-opsies vir 2020 op jou persoonlike omstandighede wat 2019 verander het, bv. veranderinge t.o.v. kroniese toestande, kanker, swangerskap en/of byvoeging van afhanklikes.
- Onthou: As jy by dieselfde fonds bly en net van opsie verander, is daar nie ’n wagtydperk nie. Kyk dus eers of ’n ander opsie by jou huidige fonds jou nie beter pas nie.
Feite waaroor lede sekerheid moet hê is onder andere:
- teen watter tarief betaal my opsie vir spesialiste binne-hospitaal?
- watter addisionele bybetalings is van toepassing op prosedures - binne die hospitaal?
- vorm tandheelkundige - en dag-prosedures deel van ’n fonds se risiko komponent of is die lid self vir die uitgawes verantwoordelik?”
Mediesefondslede kan kies tussen die volgende:
- Hospitaalplan,
- Hospitaalplan met ’n spaar komponent (nuwe generasie fonds),
- Omvattende planne,
- Tradisionele planne (limiete van toepassing op buite-hospitaalvoordele bv. tande, brille, pille, ens.); en
- Netwerk (Kapitasie) planne.
Als wat jy moet weet oor GAPINGSDEKKING:
Deesdae word pasiënte/lede wat dienste binne ’n hospitaal verlang gekonfronteer met “privaat” of “uitgekontrakteerde” tariewe, wat tot gevolg het dat hul mediese fonds nie die volle bedrag wat die dokter, spesialis of narkotiseur vra vir die prosedure uitbetaal nie.
Mediese fondse betaal as ’n reël binne-hospitaal prosedures teen die mediese fonds-tarief.
’n Lid van ’n mediese fonds kan dus ’n redelike skok kry indien ’n spesialis bv. R10 000 hef vir ’n prosedure, maar die mediese fonds-tarief wat voorgeskryf is, is slegs R6 000.
Die lid sal die balans van R4 000 uit sy/haar sak moet opdok.
“Gap Cover” oorbrug hierdie gaping.
Hierdie binne-hospitaal dekking betaal tot 5 keer (500%) die mediese fonds-tarief, met ’n jaarlikse limiet van R157 000 per persoon van toepassing.
“Gap Cover” is ’n korttermyn-versekeringsproduk en tariewe beloop R299 tot R409 per maand afhangende van die tipe polis. Hierdie kostes is per gesin en nie per persoon nie. Persone bo ouderdom 65 betaal ’n duurder premie. ’n Gesin van vier kan dus R299 per maand betaal afhangende van die dekking gekies. Wagperiodes is van toepassing, bepalings en voorwaardes geld (Jy moet ’n lid van ’n mediese fonds wees om vir gapingsdekking te kwalifiseer).
Moenie net aanvaar dat jou mediese skema alle kostes sal dek nie. Skakel ’n onafhanklike mediese fonds adviseur vir advies.
Sien jou gesondheid as ’n geheel en nie as ’n enkel insident nie – dit kan baie geld spaar op die langtermyn.
Boshoff Visser Konsult is ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer met FSP lisensienommer 11969. Bostaande is slegs ter inligting en word onder geen omstandighede as advies beskou nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'