Die besigheid was voorheen geleë in Steadfrylaan 31 en het nou geskuif na Ritbarstraat 44, waar die paneelkloppers voorheen sake gedoen het.
Mass Hire in Stilbaai doen sedert 2004 besigheid in die dorp, maar het die Olivier-familie die besigheid in Julie 2010 oorgeneem. Die groot rede vir die skuif van perseel is juis omdat mede-eienaar Chris Olivier en sy ouers, Danie en Christolien Olivier, besluit het om eerder hul eie gebou aan te skaf as om maandeliks te huur.
Chris, saam met sy getroue en bekwame span werkers wat reeds 'n paar jaar by Mass Hire in diens is, is die oplossing vir die beste diens en pryse as dit kom by die verhuring van implemente en toerusting, asook die herstel van gereedskap.
Riversdal Mass Hire is nou ook beskikbaar in Riversdal.
Belangstellendes kan vir Chris skakel by onderstaande nommer om aflewering van toerusting te reël.
Jou eenstop verhuring oplossing!
Mass Hire verhuur kompressors, implemente, plant- en kraggereedskap (power tools), asook scaffold en verskeie ander gereedskap teen bekostigbare pryse. U spesiale behoeftes vir die aankoop, gebruik of verhuring van gereedskap is ook 'n opsie en teen sakpas pryse. Mass Hire bedien die hele Hessequa-streek (Riversdal, Heidelberg, Stilbaai, Jongensfontein en Albertinia), asook Ladismith, Van Wyksdorp, Barrydale en Swellendam.
Aflewering en herstel
Mass Hire doen ook aflewerings wanneer gereedskap en komponente aangekoop word. Volgens Chris is hy baie dankbaar teenoor hul kliënte vir die goeie ondersteuning deur die afgelope drie jaar en beoog hy om voort te bou op die goeie, gehaltediens waarvoor Mass Hire bekendstaan.
Maak vandag 'n draai by Mass Hire in Ritbarstraat 44 in die Industriële gebied in Stilbaai-Oos of skakel hulle by 028 754 2804. Mass Hire kan ook gekontak word per faks by 028 754 3180.
copy_508024938.jpg)
Inlaste: Bo, Danie Olivier en onder, Christolien Olivier. Van links die bekwame Mass Hire span: Anita Gerber, Chris Olivier, John van den Berg, Oloff Scholts en John Wayne Swart.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'