BESIGHEIDSNUUS - Dissipelskap vir Jesus by die Koinonia Discipleship Training Academy het op Sondag 22 Januarie hul openingsfunksie gehou.
Die studente en hul ouers is deur Phillip de Jager, die akademie se direkteur van opleiding, verwelkom.
Die akademie se missie, "Knowing Jesus and making Him known," is met die studente en ouers gedeel, waarna hulle in lofprysing saamgesing het.
Die studente gaan baie betrokke wees by die gemeenskap deur weeklikse uitreike. Die akademie is geleë in Voorbaai, waar die studente hul opleiding sal ontvang en waarvandaan hul sal uitbeweeg vir uitreike.
Studente en ouers staan gereed vir lofprysing.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'