TUINROETE | KAROO NUUS EN VIDEO - Geklassifiseerde advertensies is die enigste vorm van advertering wat dwarsoor die wêreld gesog is.
Wanneer jy 'n geklassifiseerde advertensie plaas, kry jy volledige markdekking – in druk én aanlyn!
As jy 'n geklassifiseerde advertensie by ons plaas, sal dit vir 7 dae op al die Group Editors webwerwe verskyn, sowel as in die uitgawe(s) van die koerant(e) van jou keuse.
Ons publikasies:
- www.georgeherald.com
- www.mosselbayadvertiser.com
- www.knysnaplettherald.com
- www.oudtshoorncourant.com
- www.suidkaapforum.com
- www.graafreinetadvertiser.com
VIDEO: Die voordele van geklassifiseerde advertensies
Waarom geklassifiseerde advertensies?
Mense besef dikwels nie die trefkrag van geklassifiseerde advertensies nie. Dit is die één vorm van advertensie wat mense dwarsoor die wêreld ken en gebruik.
Mense wat dié advertensies lees, soek dit juis op omdat hulle wil koop. Plus, dis maklik om te kry wat jy soek, want die advertensies is, soos die naam sê, geklassifiseerd. En by Group Editors is dit boonop ook aanlyn beskikbaar!
As jy ‘n geklassifiseerde advertensie plaas, verskyn dit in nie net in die gedrukte koerant nie maar ook aanlyn – jy kry ‘n alles-in-een advertensiediens!
Bereik ‘n wye teikenmark
Omdat dit in druk sowel as aanlyn verskyn, kan jou advertensie ‘n wye teikenmark bereik.
Elke week word meer as 32 000 kopieë van ons koerante versprei – wat beteken dit bereik weekliks ongeveer 121 600 lesers.
Aanlyn is ons lesersmark selfs groter. Ons gesamentlike webtuistes het sowat 906 682 gebruikers en gemiddeld ver oor 1.9 miljoen bladsybesoeke elke maand.
Kan jy bekostig om hierdie alles-in-een dekking mis te loop? Nee, ons dink ook nie so nie.
Kontak ons vandag nog om ‘n advertensie te plaas:
- Stuur ‘n e-pos na contact@groupeditors.co.za
- Skakel 044 874 2424
- Of stuur ‘n Wapp na 081 800 5423
Gebruik verwysing : Classifieds
Wat werk die beste as jy ‘n advertensie plaas?
As jy ‘n geklassifiseerde advertensie plaas, is dit belangrik om te weet wat werk en wat nie.
Hier is ‘n paar wenke:
- Maak duidelik presies wat jy aanbied. Dui aan of jy iets wil verkoop, of jy ‘n diens aanbied ens.
- As jy eiendom adverteer, begin met die area waar die eiendom is, bv. George-sakekern.
- Maak seker dat jy die toepaslike kategorie kies.
- Alle goeie advertensies moet so geskryf word dat dit die teikenmark se aandag sal trek. Begin dus met ‘n trefreël.
- Hou dit kort! As jy dadelik aandag trek, sal jy resultate kry!
- Alle kontaknommers moet korrek wees.
- Maak seker dat spelling en grammatika korrek is.
- Vra iemand anders se opinie oor die advertensie voordat jy dit plaas.
Hoe om ‘n geklassifiseerde advertensie te vind:
Die feit dat hulle gekategoriseer is, maak dat gebruikers en adverteerders maklik kry waarna hulle soek.
Die infografiek hieronder verduidelik stap vir stap hoe om geklassifiseerde advertensies op ons webwerwe op te soek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’