Advertorial
SAKENUUS - Kontant is tans die voorkeur bateklas by menigte beleggers, dié voor hul aftrede sowel as dié na hul aftrede.
Risiko bateklasse (aandele en eiendom) word verkoop om veilig in kontant te hou en ’n lae risiko opbrengs te verdien.
Die vangplek by bogenoemde is dat rente op kontant nie ’n voldoende na-inflasie opbrengs oor die langtermyn lewer om ’n groeiende inkomste te bied nie. Talle beleggers sal genoodsaak word om risiko bates terug te koop, teen duurder pryse as waarteen hulle dit verkoop het, om bo-inflasie groei te behaal.
Wat beleggers egter in die bogenoemde logika laat twyfel is die opbrengste die afgelope 5 jaar.
Aandele se vyf-jaar gemiddeld tot einde 2019 is 6% per jaar met eiendom op 1,21%. Tesame met die huidige wisselvalligheid in die mark en swak ekonomiese klimaat lyk kontant baie meer aantreklik.
Kyk ons egter na rollende 10-jaar opbrengste sedert 2005 lyk die prentjie anders. Hou in gedagte dat die afgelope vyf jaar se opbrengste, asook 2008 se resessie, ingesluit is in die onderstaande syfers.
Uit bostaande is dit duidelik dat aandele en eiendom kontant uitpresteer oor tyd. Tans is baie beleggers se risiko dat hulle nie genoeg blootstelling het aan risiko bates binne hulle portefeuljes nie en dit dan later van tyd teen duurder pryse aankoop.
Historiese prestasie is nie ’n aanduiding van toekomstige prestasie nie, maar siklusse en tendense herhaal hulself. Gaan risiko bates weer opbrengste van 15% per jaar lewer? Niemand weet nie, maar die waarskynlikheid dat hulle kontant gaan uitpresteer oor tyd is baie groot. Pryse vir risiko bates is op langtermyn laagtepunte. Moet nie die uitverkoping mis nie en moet verseker nie op die uitverkoping verkoop nie.
Dit is belangrik om ‘n finansiele adviseur te gebruik wat nie emosie aangedrewe is nie en waar ‘n langtermyn strategie gevolg word.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'