Advertorial Video
STILBAAI NUUS EN VIDEO - Huis Lekkerbly se deure sluit op 30 Oktober 2022, maar met Optimal Care, ook 'n nie-winsgewende organisasie maak sr. Enid Louw en haar span kundiges dit moontlik vir bejaardes, sowel as terminaal siek pasiënte om in hul eie wonings tuis te bly en steeds ‘n versorgingsdiens te ontvang.
Die diens word ook deur sommige mediese fondse gedek. “As 'n mens 'n passie het om bejaardes te versorg, kan niemand dit van jou wegneem nie!”
So gesels Enid wat sedert Januarie 2007 Huis Lekkerbly bedryf. Sedert hulle na Stilbaai in 2005 verhuis het is sy met bejaardeversorging betrokke.
Met haar man se hulp het hulle Huis Lekkerbly oopgemaak, terwyl sy reeds haar ouers versorg het en so 'n groot behoefte in dié kusdorp begin vervul. Mettertyd het Enid ook die nood in die gemeenskap gesien en terminaal siek mense tuis begin help om in hulle eie omgwing te bly tot die laaste.
So het Optimal Care (tuissorg met 'n passie) uit Huis Lekkerbly ontstaan.
“Ek glo met my hele hart dat ons Hemelse Vader vir my die geleentheid gegee het om my bediening en passie uit te leef gedurende die afgelope 15 jaar se diens aan die gemeenskap en Stilbaai se bejaardes. Baie dankie vir elkeen wat aktief betrokke was deur die jare: Verpleegkundiges, versorgers, vrywillige helpers en Stilbaai-gemeenskap. Dit alles kon net met spanwerk en genade van bo tot stand gekom het en volgehou word.”
VIDEO: Verskaf
Met behulp van twee verpleegkundiges het Enid in 2019 die moed bymekaar geskraap om Optimal Care te begin.
Tans is daar 'n span van 25 tot 30 versorgers by 23 huise in Stilbaai betrokke, waarvan party deelsorg vir 'n paar uur per dag is. Dan is daar 24/7 versorging met 'n opgeleide innoverende versorger, onder toesig van Enid en sr. Magda Stoltz.
Optimal Care doen verhuring van hospitaalbeddens/kommodes en hysapparaat. Verder verskaf hulle ook doeke vir volwassenes.
Kontak hulle gerus vir enige tuisversorgingsbehoeftes:
- Sr Enid Louw by 076 868 7886
- Madré Hansen by 065 177 6177.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'