Advertorial
BESIGHEIDSNUUS - Hartland Lifestyle Estate het in Desember 2019 begin en is voortdurend besig met nuwe uitbreidings binne die landgoed met enorme navraag en baie goeie ver-kope. Hartland is net 3,5 km buite Hartenbos op die R102 pad. Dit is 'n ontwikkeling wat na aan enige van die Hartenbos-vakansiegangers, of moontlike semigrante na die Tuinroete-area se harte sal wees.
Daar is tans 86 huise onder konstruksie en reeds 258 gelukkige gesinne hier gevestig. Hartland bied voltitel, plot en plan en deeltitel opsies. Deel van die landgoed is ook 'n aftreeoord.
Hartland Retirement Village is sorgvuldig geïntegreer binne die landgoed, wat talle voordele vir inwoners bied bo ander alleenstaande aftree-oorde. Bedryfskoste word deur skaalvoordele beperk en inwoners sal die voordeel van 'n dubbele sekuriteit-koevert geniet.
Hartland Aftreelandgoed sal een van die min aftreelandgoedere in Suid-Afrika wees wat verswaktesorg- en/of geheuesorgfasiliteite bied. Geheuesorg is die moderne benadering tot die versorging van diegene wat aan dimensie of Alzheimer se siekte ly. Die voorkoms van dimensie neem wêreldwyd skerp toe en hoewel verswakte sorg gewoonlik in die huis verskaf kan word, kan dimensie dikwels nie. Hartland se spesialisgeheuesorgfasiliteit sal verligting bring vir baie gesinne in die aftreeoord en in die groter landgoed.
Die landgoed bied opsies vir 'n aktiewe leefstyl en fokus op genot en gasvryheid. Met die helfte van die landgoed wat bestaan uit bewaarde fynbos is dit enige natuur- liefhebber se droom. Hartland Lifestyle Estate is 'n ten volle omheinde landgoed vir gemengde gebruik en sal uiteindelik 'n tuiste vir 2 000 gesinne wees. Dit bied jou die beste sekuriteit en al die gerief wat 'n landgoed moontlik kan bied. Hartland, in samewerking met die huiseienaarsvereniging verryk ons inwoners se lewens met gereelde geleenthede en gemeenskapsfunksies soos opvoedkundige praatjies, begeleide staptogte in die groenstrook, pieknieks en nog vele meer.
Huiseienaars in die Hartland Lifestyle Estate het die geleentheid om munt te slaan uit die moderne vesel-gereed huise, wat voorsiening maak vir voortgesette loopbaanfokus, sonder om die genot van al die landgoed aktiwiteite saam met familie en geliefdes prys te gee.
Die ontwikkelaar en agente bied kliënte net die beste wanneer dit kom by kliëntediens. Hulle het 'n topspan wat die koop en bou van jou droom huis 'n vreugdevolle ervaring maak.
Hartland Lifestyle Estate - die gemak van 'n luukse lewe word saamgevoeg met die rou skoonheid van die natuur – digby die see en die beeldskone Outeniqua berge. Hartland Lifestyle Estate is nie net 'n blyplek nie, dit is 'n uitsonderlike leefstyl.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’