Die woord van die moontlike opening van 'n wolwinkel het gou versprei en Gretchen het sommer voor haar reëlings finaal in orde was, al navrae ontvang.
Fiddlesticks, is nou amptelik oop en bied baie meer, 'n groter verskeidenheid as wat almal verwag het. In voorraad is daar 'n groot verskeidenheid wol, onder andere Lollipop, Stretch, Fiesta en Twirl, asook brei- en hekelbenodigdhede, tolletjie-brei en 'knitting-loom' - en sommer baie meer.
Gretchen wat haar eerste trui gebrei het op nege en vandag nog die mooiste wolprodukte brei, beplan ook om klasse aan te bied vir belangstellendes wat onder andere sal insluit die basiese tegnieke van brei, hekel, asook laslappiewerk.
Dit beslis 'n besoek werd om te gaan inloer by Fiddlesticks, geleë in Albertynstraat 8, Riversdal. Die winkel sal oop wees op Maandae tot Vrydae vanaf 08:00 tot 17:00, en vir meer besonderhede kan Gretchen gekontak word by 082 926 8076.

Gretchen Botha, eienares van Fiddlesticks, nooi alle breiers uit om te kom kyk na haar groot verskeidenheid.Die vooraansig van Fiddlesticks in Albertynstraat 8, Riversdal. Op die inlaste kan die verskeidenheid produkte gesien word wat in voorraad is by Fiddlesticks.