Sponsored Content
SAKENUUS - Om vir die derde jaar as beste vulstasie in die Hessequa-streek aangewys te word, is vir Engen Stilbaai 'n groot eer en 'n prestasie waarvoor ons opreg dankbaar is.
Hierdie erkenning gaan vir ons oor veel meer as net 'n toekenning. Dit weerspieël die vertroue en ondersteuning van die gemeenskap wat ons die voorreg het om te dien. Ons bring daarom alle eer en dank aan die Almagtige God vir sy leiding en voorsiening.
Die Hessequa-gemeenskap lê ons baie na aan die hart. Ons glo dat 'n besigheid nie net binne 'n gemeenskap moet funksioneer nie, maar werklik deel daarvan moet wees. Daarom is gemeenskapsbetrokkenheid en ons uitreikprogramme vir ons besonder belangrik. Om terug te ploeg, plaaslike inisiatiewe te ondersteun en waar moontlik 'n positiewe verskil in mense se lewens te maak, vorm 'n belangrike deel van wie ons is.
Hierdie prestasie sou ook nie moontlik wees sonder ons toegewyde personeel nie. Dankie vir julle harde werk, vriendelike diens en toewyding. Julle is die hartklop van Engen Stilbaai.
Ons onthou ook met waardering wyle mnr. FC Conradie, wie se visie en nalatenskap deel vorm van ons grondslag. Sy woorde, "Droom Groot, Leef Groter", bly ons inspireer.
Aan elke kliënt en lid van die Hessequa-gemeenskap: dankie vir elke besoek, elke stem en julle volgehoue ondersteuning. Hierdie derde oorwinning behoort ook aan julle. Ons sien daarna uit om Hessequa steeds met trots, integriteit, uitstekende diens en opregte omgee te dien.
Met opregte dankbaarheid
Engen Stilbaai Bestuur
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’