"Hiermee sê ons baie dankie aan ons Hemelse Vader, asook aan ons getroue en lojale kliente," sê die bestuur. As bewys van erkenning het hul 'n twintig jaar promosie wat die volgende behels: 147 van hul twintig jaar lojale kliënte van die dorp en omgewing ontvang sertifikate van erkenning, met 'n geskenkie van waardering.
'n Addisionele kompetisie was gehou vir kliënte met 'n polis van R10 000 en 'n kosvoordeel, wie se polis elke maand op datum betaal was. Twee vleispakke (meat hampers) ter waarde van R500 elk word aan twee van hierdie gelukkige kliënte geskenk.
Volgens die bestuur is niks te groot of te klein is vir hierdie goed gevestigde besigheid nie.
"Slegs deur kwaliteit diens en harde werk gee ons by Riversdal Begrafnisdienste aan u, die kliënt die nodige gemoedsrus, ondersteuning en versekering van 'n wel beplande begrafnisdiens." Dit sluit in polispremies van so min as R60 per maand per familie (twee volwassenes en ses kinders tot ouderdom 25 jaar), asook addisionele voordele soos kos en vervoer wat beskikbaar is.
As gevolg van hul professionele diens aan die gemeenskap neem hul ledetal daagliks toe. Die vriendelike en professionele span van Riversdal Begrafnisdienste verwelkom u graag by hierdie feesvieringsgeleenthede. Almal is baie welkom!

Die wenspan by Riversdal Begrafnisdienste.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'