Gallery Sponsored Content
STILBAAI NUUS - Ellenrust Leefstyloord is geleë in die pragtige kusdorpie Stilbaai langs die Tuinroete. Hier beleef jy die toonbeeld van aktiewe seniorlewe in ’n veilige, omheinde gemeenskap, omring deur asemrowende kus-eiendomme.
Die nabyheid aan strande en die Indiese Oseaan maak dit ’n droomligging vir aftreehuise.
Stilbaai is nie net die ideale vakansiebestemming nie, maar bied ook die perfekte plek om aan al jou aftreebehoeftes te voldoen. Met ’n permanente inwonertal van slegs 7 000 mense bly Stilbaai besoedelingsvry en ’n veilige omgewing wat rustige aftrede verseker.
Die betrokke ontwikkeling bestaan uit 128 erwe; ’n volledig toegeruste sorg-eenheid, bystandeenhede en ’n gemeenskapsaal.
Die gemeenskapsaal beskik oor ’n goed-toegeruste, moderne kombuis. Daar is ook ’n biblioteek en haarsalon.
Elke wooneenheid beskik oor ’n veselpunt, ’n 5kw battery en omskakelaar en ’n 2 500 liter watertenk. Die wooneenhede spog met ruim vertrekke en baie natuurlike lig.
By Ellenrust Leefstyloord beteken jou gerief en sekuriteit alles. Daar is 24-uur sekuriteit met hekwagte, toegangsbeheer, elektroniese omheinings, kamera-stelsels en persoonlike noodknoppies wat skakel met die gesondheidsentrum.
Motorhuisdeure is afstandbeheerd, en elke eenheid het toegang tot ’n VOIP-telefoonnetwerk vir interne oproepe, alles om jou stylvolle, sorgvrye lewe te verseker.
Voornemende kopers kan kies uit nege ontwerpe. Binne bepaalde riglyne sal ’n koper veranderinge kan aanbring voordat die finale plan aan die munisipaliteit voorgelê word vir goedkeuring.
Kopers kan kies uit verskeie moderne afwerkings - by Ellenrust is elke huis uniek!
Pryse wissel van R1 360 000 tot by R3 888 000.
Daar is agt bystandeenhede beskikbaar en eienaars in Ellenrust is altyd verseker van bekostigbare gesondheidsorg.
Die Ellenrust Leefstyloord is binne loopafstand van die winkels en pragtige wandelroetes in die natuur. Die ontwikkeling nader nou sy einde en daar is slegs 22 oorblywende erwe.
Kontak ons bemarkers Petro de Jager by 066 354 0813 of Carine de Beer by 067 595 1321 om nie hierdie geleentheid te mis nie.

‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’