Advertorial
SAKENUUS - Die groot verskeidenheid van dennehout-meubels waarvoor Aberdeens van Port Elizabeth oor meer as vyf dekades bekend geraak het, is nou ook in die Suid-Kaap beskikbaar danksy die onlangse opening van hulle winkel en pakhuis in George.
Aberdeens Pine Furniture het in 1973 sy ontstaan gehad as 'n handelaar in tweede-handse meubels.
'n Toenemende vraag na dennehout-meubels het uiteindelik gelei tot die uitbreiding en opgradering van vervaardigingsfasiliteite, wat die produkgehalte sowel as die produksiespoed verbeter het. Hout word meestal uit die Oos- en Suid-Kaap verkry.
Aberdeens se reekse is gemik op die slaapkamer, eetkamer en kombuis. Hulle verskaf beddens en matrasse, bedkassies, laaikaste, spieëlkaste, hangkaste, kombuis-kaste, kombuis- en eetkamertafels, stoele en lessenaars.
Kliënte het 'n keuse van 'n natuurlike dennehoutvoorkoms met 'n deurskynende vernis afgewerk, wit, of heuningkleur, asook 'n tweekleurafwerking met wit en heuning gekombineer.
"Die meubels word in die fabriek aanmekaargesit, so dit is struktureel sterk. Slegs die dubbelvlakbeddens kan as onderdele aan die kliënt voorsien word om dit self aanmekaar te sit."
Ook die kombuiskaste is volledig en kan slegs aan die muur vasgeboor word. In gevalle waar kliënte verkies om hul eie kombuisblad te installeer, verskaf Aberdeens die kaste sonder 'n blad.
"Toenemende bestellings uit die Suid-Kaap het ons laat besluit om 'n winkel hier oop te maak om ons kliënte hier te kan diens en ons nooi inwoners uit om ons vertoonwinkel te kom besoek."
Adres: Yorkstraat 7, George
Tel: 066 040 8209
E-pos: info@aberdeens.co.za
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’