RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal-landbouskou se program vir Vrydag 16 Februarie en Saterdag 17 Februarie is met interessante items volgepak. Enige kieskeurige besoeker sal iets vind om te besigtig.
Die belangrikste gebeure draai om diere: boerbokke, beeste, pluimveë, merino's en perde.
Iets wat beslis belangstelling gaan gaan maak, is die Wes-Kaapse klubkampioenskappe vir boerbokke. Die Wes-Kaapse boerbokklub gaan van hul beste boerbokke hier ten toon stel. Ongeveer 280 topgehalte bokke word verwag.
Boerbokke is 'n baie aanpasbare ras met goeie vleiseienskappe. Dis natuurlik ook baie gesonde vleis.
Die Kalahari Reds gaan ook vanjaar by die skou wees.
By die pluimvee-lokaal wag 60+ rasegte, skougehalte pluimvee, groot en klein en van verskillende kleure en vorme. Kalkoene en eende sal ook te sien wees.
Nog 'n hoogtepunt is die DROOM-ontbyt waar sowat 100 bejaardes met 'n groot ontbyt bederf gaan word.
Moet ook nie die talle stalletjies misloop waar allerhande lekkernye te koop aangebied word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’