RIVERSDAL NUUS - Die jaarlikse hoogtepunt op die Riversdal-dorpskalender, sy landbouskou, sal weer iets bied vir oud en jonk.
Dat dit plaasvind in 'n eg plattelandse atmosfeer is natuurlik 'n bonus.
Die hooffokus bly steeds landbou. Daar is weer soos vorige jare perde, skape, bokke, beeste, boerbokke en boerboele.
Maar daar is ook pluimvee, talle stalletjies met eet- en drinkgoed, industriële stalletjies, 'n skaapskeerkompetisie - altyd 'n groot gunsteling onder besoekers - 'n biertent vir lafenis teen die hitte en heerlike etes by die Steakhouse.
Die gaskunstenaars vanjaar is Marion Holm, wat Donderdagoggend, 15 Februarie, by die Damesoggend gaan optree en Wouter Basson by die Mannekuier waar hy oor stres- en konflikhantering gaan gesels. Saterdagaand, 17 Februarie, tree Chris Steyn, wenner van die kontrak Seisoen 3, by die FNB-lokaal op.
Die skou word Sondag afgesluit met 'n gesamentlike erediens om 09:30 deur ds. Wollie Grobler by die hoofarena.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’