HEIDELBERG NUUS - Die Pampoenfees-reëlings-komitee het Maandagmiddag 'n groeiersbraai in Heidelberg vir gevestigde sowel as ontluikende groeiers by die Heidelberg-gholfklub aangebied.
Groeiers het geleentheid gekry om hul inskrywings-fooie vir die 2024-fees in te betaal en pitte te kry wat hulle later vanjaar gaan aanplant vir die beoordeling vir aanstaande jaar se fees.
Daar was 'n keuse uit 12 verskillende variëteite. Groeiers kon ook pitte aankoop van die twee topgroeiers van verlede jaar.
Tydens die braai het die klomp gedagtes uitgeruil en by mekaar kers opgesteek. Hier is die 25 gaste en groeiers wat die braai bygewoon het.
Die 25 groeiers en lede van die Pampoenfees-reëlingskomitee wat Maandagaand 18 September die groeiersbraai by die Heidelberg-gholfklub bygewoon het. Foto: Hugo Redelinghuys
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’