STILBAAI NUUS - Tydens die pas afgelope maandvergadering van Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub het Jack Lewis van die plaas Klapperkop in die Van Wyksdorp distrik 'n interessante praatjie gelewer oor granate.
Jack boer hoofsaaklik met die Acco-kultivar wat hoofsaaklik vir versapping gebruik word.
Hy sê die rede dat granaatbome, eens volop in tuine, basies verdwyn het is die skuld van die valskodlingmot. Hulle het hier in die 1980's al wat 'n granaat was vrot gemaak en mense het toe die bome eerder uitgehaal.
Die granaat is 'n woestynplant en sal dus met min water oorleef.
In Stilbaai kan granaatsap by nis- en gesondheidswinkels bekom word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’