Update
ALBERTINIA NUUS - 'n Kleinboer van die dorp het groot skade gely toe feitlik al sy skape deur honde verskeur is.
Slegs een volgroeide skaap en een lammertjie het die slagting oorleef.
Volgens Edward Nomdo, die eienaar, is dit honde wat los in die strate ronddwaal wat hiervoor verantwoordelik is.
Die skape was blykbaar in 'n kraal aangrensend tot Matoppostraat.
''Ek het een wit hond met wit ore oorkant die kraal sien lê, maar dit was vier honde wat vir die skade verantwoordelik is,'' het hy gesê.
''Hier is 'n groot probleem wat betref gevaarlike rondloperhonde wat nie agter slot en grendel is nie en ander honde en mense aanval.
"Mense van die dorp is al bang om voor werk te loop van hul huis, tot waar hul 'n rygeleentheid werk toe kry juis oor die honde.''
Nomdo doen 'n beroep op inwoners om hom te kontak indien hulle weet aan die wie honde behoort wat sy skape doodgebyt het.
Hy kan by 074 817 1401 geskakel word.
'n Versoek is aan Hessequa-munisipaliteit gerig om ten minste twee keer per maand die dorp te besoek om rondloperhonde op te laai, juis vir inwoners en hul diere se veiligheid.
Van die skape is bloot net verskeur.
Kommentaar deur die munisipaliteit
Die bewaarder van diere volgens Artikel 10(1)(d) moet hy of sy beheer oor hul diere uitoefen ten einde skade aan eiendom of tuin te verhoed.
Klagtes aangaande honde wat sonder toesig op straat is, of waar daar geen heining aangebring is of nie voldoende omheining is wat honde binne die erf of perseel hou nie, kan aangemeld word by die munisipaliteit by 028 713 8000 of stuur 'n e-pos na info@hessequa.gov.za.
Lees 'n vorige artikel: Skape word verskeur
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'