ALBERTINIA NUUSFLITS - Heelwat skape is Sondag 25 Februarie om ongeveer 06:15 deur honde verskeur.
Die skape was in ‘n kraal, aangrensend tot Matoppostraat.
Volgens die boer het slegs een skaap en ‘n lammertjie die slagting oorleef.
Blykbaar was vier honde vir die skade verantwoordelik.
Enigiemand wat kennis dra oor die voorval, kan die eienaar by 074 817 1401 skakel.
Honde wat nie in hul erwe bly nie en oral in die dorp rondloop, is glo ‘n erge probleem in dié dorp.
Lees meer hieroor in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'