Video
SWELLENDAM NUUSFLITS EN VIDEO - Tydens die Silver Mountain Music Festival het feesgangers die geleentheid gehad om meer van verskillende beesrasse, melkproduksie, produkte en die voordele van melk en beeslvleis te leer.
Die fees het van Donderdag 14 Junie tot Sondag 17 Junie tussen Heidelberg en Swellendam plaasgevind.
Die eerste besoek was aan Hoëkraal waar Johann Nel, Toyota Agri SA jong boer van die jaar, Wes-Kaap 2017 ons ontvang het. Heerlike vars melk, jogurt en ander melkproduke wat met Hoëkraal se melk gemaak word is hier geproe.
Nel het sy melkery se indrukwekkende prosesse verduidelik terwyl ons ’n toer deur die melkery meegemaak het.
By Fleckvieh boerdery en gasteplaas het die vriendelike eienaar, Thys Swart vir ons gewag. Hy het vertel waarom die Fleckviehras so uniek is. Interessante feite oor Fleckvieh melk- en vleisprodukte het almal beïndruk.
Hier kon almal weer van dié koeie se melk drink en heerlike kaas proe.
Ons is na die melkery geneem waar ’n bietjie interaksie met die koeie plaasgevind het. Dié koeiras staan bekend daarvoor om baie mak en toeganklik te wees.
Kyk 'n video hieronder:
Vir meer inligting oor die fees besoek www.silvermountainmusic.co.za.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Swellendam, Hessequa nuus'