Mense se algemene gevoellose houding teenoor bure in hul omgewing gee aanstoot. Hoe lank moet ons die volgende houdings aanvaar en wat gaan die munisipaliteit doen aan hierdie probleme?:
- Troeteldiereienaars wat hul honde geen opleiding gee nie en wat elke dag van vóór 06:00 in die oggend en deur die dag tot selfs ná 23:00 blaf en tekere gaan vir alles wat beweeg.
- Honde-eienaars wat hulle diere agter op hul bakkies laai en dan begin hulle blaf en tekere gaan die hele tyd en jaag al wat 'n hond is op die roete op hol. Vir wat?
- Katte wat ons tuine gebruik vir hul toiletgeriewe.
- Mense wat braai, drink tot laat, soms tot so laat soos 02:00 in die oggend, kliphard praat buite en geen respek het vir bure wat probeer slaap nie.
- Kuiergaste wat parkeer sodat jy nie in jou eie erf kan inry nie en dan nog arrogant is daaroor.
- Mense met twee privaat voertuie wat nooit op hulle eie erf geparkeer word nie, plus nog twee besigheidsvoertuie en dan die hele straat vol parkeer.
- Mense wat swart vullissakke, waarvan die inhoud ook gebruikte babadoeke insluit, by die agterkant van hul erf oor hul muur gooi waar die honde dit oopskeur en alles verstrooi.
As die mense geen selfrespek het nie, betoon ten minste net respek teenoor jou bure in die omgewing.