John van Riversdal:
Ek glo die meeste inwoners weet van die hawelose persoon wat op die stoep van Fullhouse Meubileerders woon en slaap.
Skynbaar is dié persoon se doen en late op die sypaadjie nie 'n probleem vir inwoners en besighede in dié omgewing nie...
Hy is reeds etlike maande op hierdie plek doenig, terwyl openbare toiletgeriewe nie die omgewing diens nie.
Daar was Vrydagaand 'n tweede slaper op dieselfde plek. Moet dit ook toegelaat word?
Hoe gaan dit lyk as nog meer hawelose mense hier, of elders in veilige areas, kom plak.
Sondag was die sypaadjie bemors in die direkte omgewing van die oornagplek.
Kan maatskaplike werkers nie by hierdie betrokke geval betrokke raak nie. Heel moontlik het hy 'n veroorsakende toestand wat dringende hulp nodig het?
Ek hoop werklik dat pro-aktiewe optrede nou van waarde sal wees vir dié persoon, sy disposisie en voornemende sypaadjieplakkers, en dat dit suksesvol aangespreek en opgelos sal word.