Anson Heemro van Stilbaai:
Dit sal hoog op prys gestel word as Riversdal-verkeersdepartement, asook die Hessequa-munisipaliteit, sal toesien dat stroke growwe teer op Hoofweg-Oos na die sirkel aangebring kan word. Daar is wel net een padteken met 'n sirkel.
Onlangs het dit gebeur dat 'n bestuurder al geselsende met haar passasier, teen 'n verskriklike hoë spoed deur die sirkel vanaf Melkhoutfontein se kant af, gery het.
Tydens hierdie geval moes my vriend, met sy eggenote ook in die voertuig, wat vanaf Stilbaai-Wes gereis het, vinnig en hard rem trap om 'n skrikwekkende botsing te voorkom.
Tydens die tweede geval moes 'n bestuurder van 'n Mercedes Benz, ook vanaf Stilbaai-Wes se rigting, vinnig en hard rem trap en sy toeter blaas toe nog 'n bestuurder vanaf George (CAW) ook teen 'n hoë spoed deur die sirkel gery het sonder om haar spoed te verminder. In haar voertuig was vele passasiers.
In beide gevalle kon daar dalk uiters tragiese nagevolge gewees het.
Voorkoming is beter as genesing.