RIVERSDAL NUUS - Dié dorp en beslis die land, het laat Saterdagmiddag, 11 Oktober, een van sy grootste legendes verloor met die skielike heengaan van Max Baise (93).
Volgens inligting beskikbaar het oom Max bekende sakeman en voormalige Springbok rugbyskeidsregter net so voor 18:00 sy laaste fluitjie geblaas.
Hy laat ’n dogter en seun agter.
Daar sal ’n privaat verassing gehou word.
Suid-Kaap Forum sal ’n volledige berig in Vrydag se uitgawe hê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’