STILBAAI NUUS - Stilbaai-rolbalklub se besigheidsliga skop Donderdagaand, 23 Oktober, af en vir die volgende ses weke gaan 24 spanne mekaar die stryd aansê.
In die vorige toernooi het Oracle Refurb van dag een af die toon aangegee en uiteindelik as wenners uit die stryd getree.
Gaan die toernooi dieselfde pad stap of gaan The Heist, wat tweede geëindig het, hulle uit die pad rol. Miskien verras 'n buiteperd of nuwe span en stoomroller hulle pad podium toe oop.
Wedstryde begin 17:15 elke Donderdagaand en Stilbaaiers word aangemoedig om die spanne te kom ondersteun. Dit is vet pret en die klub se manne is gretig om jou te bedien met 'n koeldrank of ietsie sterker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’