Baie dankie Albertinia!

Hiermee wil ek die hulpvaardige inwoners van Albertinia bedank vir hulp verleen op Sondag 28 Desember 2025. My voertuig het die pad verlaat op die N2 toe ek oppad terug was van my vakansie by die see.

Gelukkig vir my, was dit regoor Albertinia en die volgende mense het hulp verleen: 

  • Ockie van Albertinia Panel Beaters and Towing
  • SAPD (Polisie)
  • Brandweer
  • Albertinia Hotel se vriendelike ontvangsdame wat my toegelaat het om op hul stoep te wag tot my dogter my kon kom haal
  • Thomas en Tarissa (van Gauteng) wat agter my gestop het en my ondersteun het.

Dit is net weer ‘n bewys van hoe wonderlik die platteland is waar mense nog omgee vir ander. Ek sal dit waardeer indien hulle ook in kennis gestel kan word. 

Hiermee nogmaals BAIE dankie en alle voorspoed met jul werksaamhede in 2026. Hou so aan! 

Vriendelike groete, Elza Geldenhuys, Bellville