Sunday 02:10
scattered clouds
Tomorrow:
overcast clouds 20°
Riversdale
'n Hartlike welkom aan alle vakansiegangers wat van heinde en ver reis om in ons streek vakansie te hou, mag u 'n genotvolle tyd beleef.
Die toerismebedryf is die hoeksteen van ons ekonomie en daarom word elke vakansieganger bedank wat Hessequa kom besoek. Sodoende kry die streek ook 'n ekonomiese inspuiting. Ons streek is ryk aan natuurlike skoonheid met heuwels van ongerepte kalksteen en fynbos, duindikte en Renosterveld in die noorde, omring deur berge wat aan u rustige ontspanning sal bied.Hessequa is ook uniek vir sy vriendelikheid, respek en waardigheid wat inwoners teenoor mekaar het, sowel as vir sy besoekers.
Hessequa het vanjaar geskiedenis gemaak omdat al ses ons strande blouvlagstatus verower het. Ons kusdorpe spog jaar na jaar met hul blouvlagstrande. Blouvlagstatus beteken dat strande skoon en veilig is en aan internasionale veiligheids- en toerismestandaarde voldoen.
Visiting the Hessequa region you will experience warm "plattelandse" hospitality, enhanced by world class goods, such as olives, cheese, wine, aloe products and, of course our very own worldfamous fynbos gin. In die gees van Kersfees wens ek en die raad u 'n geseënde en voorspoedige vakansie toe en mag die Here se goedheid en guns oor u en u familie rus.
Grant Riddles - uitvoerende burgemeester
Every year the beaches in Hessequa are jam-packed with holidaymakers lapping up the sun and sea. The resorts on the Hessequa coastline compete with the best in the world. The beaches at Witsand, Stilbaai, Jongensfontein and Gouritsmond are all well worth a visit.
Die Hessequa-streek beskik oor 'n paar gewilde wynklders en 'n jenewerdistilleerdery.
Tye: Maandag tot Vrydag tussen 09:30-17:00
The first hand crafted fynbos gin was made in South Africa at Inverroche distillery where they offer a unique and fascinating experience for visitors.
They hold several gin tastings and distillery tours daily and introduce visitors to three elegant fynbos gins made according to traditional recipes with the additional infusion of aromatic and piquant fynbos botanicals which adds to their complexity and unique taste.
Shop opening hours: 10:00-16:00. Tastings and tours: 10:00-15:00 (Mondays to Saturdays. Closed Sunday and Christmas Day).
Tours and tastings by appointment only. Booking is essential as times may change with the season and numbers are limited.
Geelkrans Hiking hiking Trail
Fish Straps & Fynbos Route
West River Bank Hiking Trail
Sleeping Beauty Hiking Trail
Kristalkloof Hiking Trail
Puntjie Hiking Trail
Het jy geweet van die spook van Uniondale, Maria Rous se graf is in Riversdal? Of sy daarin is, is natuurlik 'n ope vraag...
Hier is haar tragiese verhaal:
Maria was in 1968 saam met haar verloofde vanaf Willowmore op pad na Riversdal om hul troue te bespreek. Haar verloofde het beheer oor die voertuig in 'n stormsterk wind verloor en die motor het in 'n sloot beland. Maria is blykbaar op slag dood, maar sommige beweer dat sy uit die kar geval en dat die ambulans net haar bewustelose verloofde opgelaai het omdat hulle nie vermoed het daar is nog iemand in die kar nie. Toe hy later in die hospitaal na haar vra, het hulle besef hulle het haar daar agtergelaat - en dit was te laat, want sy het verkluim van die koue.
Die Makadas-stoomlokomotief het op Riversdal-plein sy laaste rusplek gekry. Dit is in 1892 as nr. 703 deur die Cape Government Railways (CGR) in diens geneem op die CGR se oostelike spoorweg-stelsel by Oos-Londen en het na Unie-wording in 1910 die SAS nr. 970 ontvang.
Die Doornkraal-opstal op Heidelberg, ook bekend as Fourie-huis, is 'n nasionale gedenkwaardigheid en vorm deel van die Erfenisroete op die dorp.
Die Barry Memorial Church op Witsand is 'n nasionale monument. Dit is deur die Barry-familie in 1859 gebou en word steeds vir dienste en troues gebruik
Suid-Kaap Forum proudly displays the “FAIR” stamp of the Press Council of South Africa, indicating our commitment to adhere to the Code of Ethics for Print and online media which prescribes that our reportage is truthful, accurate and fair. Should you wish to lodge a complaint about our news coverage, please lodge a complaint on the Press Council’s website, www.presscouncil.org.za or email the complaint to enquiries@ombudsman.org.za. Contact the Press Council on 0114843612.
Copyright 2025 Group Editors Company (Pty) Ltd, Registration Number 1963/002133/07 t/a Suid-Kaap Forum