HESSEQUA NUUS - Die Unplugged62-musiekfees wat by Joubert-Tradauw Vineyards net buite Barrydale aangebied word, begin op Vrydag 17 Maart en duur tot Dinsdag 21 Maart.
Die fees is inderdaad 'n fees vir die hele gesin. Daar is talle bekende kunstenaars, soos Michael Moll, wat kom musiek maak.
Daar is ook 'n lam op die spit, teemaaltye (high teas), laat vonkelwynontbyte, kostafels en talle -stalletjies en natuurlik volledige kroeggeriewe.
As jy hou daarvan om in die natuur te woel, kan drawwers en fietsryers maar hul drafskoene en fietse saambring, want daar is 'n pragtige roete op die plaas om te benut.
Die damme op die plaas is ook vol en besoekers kan gerus hul swemklere saambring en kom afkoel.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'