STILBAAI NUUS - Nie eers beurtkrag kon die geesdrif demp toe Willie Delport sy voorsittersverslag in kerslig moes voorhou nie.
Die herbarium op Tuin-Op-Die-Brak in Stilbaai was gepak met lede en vriende, terwyl die verrigtinge in kerslig voortgegaan het.
Willie sê dat die fynbosfees in Oktober beslis 'n hoogtepunt was en dat hulle verseker in 2024 weer so 'n fees gaan aanbied, net groter en beter.
Die nuwe bestuur is ook verkies met Willie Delport wat onbestrede herkies is as voorsitter. Die onder-voorsitter is Jan Vorster en hy hanteer ook die sosiale media platform.
Die tesourier is Lizetter Gerber en Naomi Van Schalkwyk bly aan as raadgewer. Die sekretaris sal later aangewys word en daar is vier addisionele lede. Hulle is Andor Venter, Sonja Kleinhans, Mariaan Harris en Nadine Hansen.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’