TUINROETE DISTRIK VERMAAKNUUS - Agt woordkunsskeppers en -fasiliteerders is gisteraand, 30 November, deur die Afrikaanse Woordkunsakademie met die Orde van die Beiteltjie vereer. Die toekennings is virtueel tydens ’n beeldstroom op Facebook en op YouTube bekend gemaak. ‘n Oorkonde, trofee en kontantbedrag is deel van elke toekenning.
Petronel Baard, sanger, liedjieskrywer en kampvegter vir die kunste is met een van hierdie toekennings bekroon.
Ander bekroondes sluit in Frieda van den Heever, Ilse Oppelt, Petronel Baard, Frazer en Deniel Barry, Chrisna Beuke-Muir, Steffie le Roux en Deon Meiring.
Hulle sluit nou aan by die 31 toonaangewende woordkunstenaars wat sedert 2015 Ordes van die Beiteljie vanaf die Afrikaanse Woordkunsakademie, wat deur die Cordis Trust bedryf word, ontvang het.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'