STILBAAI NUUS - Die NG Kerk in Stilbaai gaan Vrydagaand, 8 Mei, gevul wees met pragtige koormusiek en selfs 'n duet of twee.
Die Stilbaai Sangers se jaarlikse winterkonsert vind vanjaar in die NG Kerk plaas en dit is weereens 'n konsert wat jy nie mag mis nie.
Pragtige koormusiek, duette en instrumentale items gaan die koue verdryf wanneer hulle die lewe, liefde en die reën vier.
Die konsert begin om 18:00 en hulle vra geen toegangsgeld nie, maar donasies is welkom om hulle onkostes te dek. Die res van die geld word onder liefdadigheidsorganisasies verdeel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’