Video
HEIDELBERG NUUS - Hessequa se Harmonie-kunstefees spog met ‘n bekroonde aktrise.
Dié klein fees, wat vanjaar die sewende keer aangebied word, is bekend om sy groot hart - én die land se beste kunstenaars.
Die aktrise, Desiré Gardner, is pas tydens ‘n glansryke galageleentheid by kykNET se Silwerskermfees-toekennings as die beste aktrise in ‘n komedie in die televisie-afdeling bekroon.
Sy bring haar eenvrouvertoning, Magda Louw, gegrond op haar gewilde televisiekomedie, fees toe.
Dié uur lange olik-vrolikheid, met ‘n lag én ‘n traan, word Donderdag 19 September om 20:00 by die NGK-saal aangebied.
Program en kaartjies
Kyk na die volledige program vir Hessequa-Harmonie (17 tot 21 September) by www.hessequaharmonie.co.za of kontak Lindi-Heila Smit by lindi.heila@gmail.com / 084 446 3200 om die program via e-pos of WhatsApp te ontvang. Kaartjies is aanlyn by webtickets.co.za en by Karee Tree in Heidelberg beskikbaar.
VERSKAFDE VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’