RIVERSDAL NUUS - Daar heers groot afwagting in Hessequa vir die Riversdal-landbougenootskap se 154ste skou wat van 15 tot 19 Februarie hier plaasvind.
Die skouprogram, wat Vrydag volledig in Suid-Kaap Forum gepubliseer word, is gelaai met allerhande interessante items.
Daar is van perde, beeste (baie verskillende rasse), skape, boerbokke, boerboele, pluimvee, stalletjies, industriële uitstallers, skaaphondvertonings tot ‘n skaapskeerkompetisie en nog vele meer.
Gaskunstenaars wat optree is Cindy Swanepoel, Donderdagoggend by die Damesoggend, oud-Springbok Corné Krige by die Skou Kuier Saterdagoggend en Steve Hofmeyr gaan die mense Saterdagaand vermaak.
Skou kuier saam met Corné Krige.
Die massa-aflos Donderdagmiddag 18:00 is beslis ook ‘n item wat niemand kan mis nie. Die kompetisie tussen die verskillende skole sorg elke jaar vir baie opwinding.
Die skou word Sondagoggend in die hoofarena met Manie Botha as prediker afgesluit.
Boerboel hondeskou
Bees Interras Streekskampioenskappe.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'