Die Stilbaai Sangers is bekend vir die aanbieding van aangename aande met koormusiek en sang. Inwoners word uitgenooi om saam te kom reis met die kore op die maat van musiek van regoor die wêreld - sonder om ons stukkie "hemel op aarde" te verlaat.
Die drie kore wat die Stilbaai Sangers uitmaak wat gaan optree is die Mannekoor, Disa Dameskoor en die Seisoene Sangers, wat uit sowel mans- as damesstemme bestaan.
Daarbenewens sal verskeie uitstekende soliste, sangers in groepe en instrumentaliste bydra om die aand besonders te maak.
Die Stilbaai Sangers gaan op Vrydag 31 Mei om 19:00 in die Stilbaai Gemeenskapsaal optree.
Daar is geen toegang nie, maar 'n sagte kollekte sal by die deure ingesamel word.
Alle fondse wat beskikbaar is ná verhaling van onkoste word geskenk aan plaaslike instansies wat welsyns- en gemeenskapdiens lewer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’