RIVERSDAL NUUS - 'n Geldinsamelingsprojek deur Ienkel Dienkel Preprimêr, die Colour Crazy-pretstap, het 'n groot groep deelnemers nadergelok.
Die geleentheid het Saterdag 11 November plaasgevind en deelnemers het by die plaaslike skouterrein weggespring.
Vrolike kleurstasies op die roete het baie aandag getrek waar deelnemers gratis verversings kon geniet.
Die 5 km-afstand is deur grootouers, ouers en kinders aangedurf.
Die hoogtepunt was natuurlik by die eindpunt, waar almal 'n kleurpoeier in die lug gegooi het om vir 'n kleureskouspel te sorg.
Alle kleure van die reënboog. Foto's: Madri Stegmann Fotografie
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'