STILBAAI NUUS - Die Stilbaai Sangers het nou wel nie roomys nie, maar hulle gaan Vrydagaand, 9 Desember, pragtige Kersmusiek vir jonk en oud aanbied.
Die Disa-vrouekoor, die Seisoene Sangers, 'n gemengde sanggroep en die Stilbaai-mannekoor sal saam met uitstekende soliste en instrumentaliste optree.
Kom geniet die aand in die Baptiste Kerk aan die oostekant (die ou NG kerksaal) waar die uitvoering om 19:00 begin.
Toegang is gratis, maar donasies is welkom.
Alle geld wat ontvang word sal aan diensorganisasies in Stilbaai, soos Jagersbosch en Badisa oorhandig word.
Daar is nie besprekings nie, kom dus vroeg om 'n goeie sitplek te verseker.
Vir enige navrae, kontak Deona Aucamp by 082 470 8144.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'