Tydens die geleentheid het die band, Simply Smooth, kos en lekkergoedpakkies aan kinders uitgedeel.
Die sanggroep 'Verenigde Pinkster' het ook 'n skenking aan die band gegee as ondersteuning van die aksie en die Gospelband New Edition met hul deelname.
"As die Here iets op jou hart lê en jy is gehoorsaam, kan jy net van krag tot krag gaan deur Hom wat jou die krag gee," sê die bestuur van die band, die Carolissen-egpaar.
Hulle wens die plaaslike gemeenskap 'n geseënde en vreugdevolle Kersfees toe en bedank diegene wat deur die jaar van Simply Smooth se dienste gebruik gemaak het.

Simply Smooth in aksie. Inlaste van links na regs: Van die kinders wat kos en lekkergoed ontvang het; 'n gemengde groep van 'New Edition', Verenigde Pinkster en Simply Smooth; 'n sesjarige seun wys sy slag met die dromme.