STILBAAI NUUS - Die immergewilde Jagersbosch-basaar het Saterdag 1 Julie weereens al wat leef en beef na die gemeenskapsaal in Stilbaai gelok.
Jagersbosch het soos dit nou al die gewoonte is die gemeenskapsaal omskep in 'n lushof waar die strome mense na hartelus kon koop en kuier of sommer net ronddrentel.
Aangesien die regering subsidies vir organisasies soos die Jagersbosch-dienssentrum tot op die been gesny het, is geleenthede soos hierdie basaar uiters belangrik.
Ná al die reën en storms het 'n lieflike dag gesorg dat die Stilbaaiers met mening kon feesvier.
Die gemeenskapsaal was vrolik opgemaak en daar was genoeg plek vir die moeë voete.
Hier het Donneigh Retief haar hande vol met Leah-Neigh en JG. Citrusdal se pad was net betyds gangbaar sodat hulle die basaar kon bywoon.
Soos gewoonlik is daar 'n ellelange ry by die pannekoektafel.
Die ingang het jou sommer lus gemaak vir die eetgoed.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'