VERMAAK - Busy Lizzy Huis- en Tuinbouklub se byeenkoms in Maart was weer eens uiters interessant.
Dr. Deon Begemann, afgetrede entomoloog van Stilbaai, het 'n fassinerende praatjie gelewer met die fokus op insekkampioene.
Begemann het sy eerste toktokkie gevang toe hy vyf was en daar het die spreekwoordelike gogga hom gebyt.
Insekte het miljoene jare gelede ontstaan en Begemann vertel dat hulle die eerste diere was wat kon vlieg. Wêreldwyd maak insekte 55% van alle spesies uit.
Natuurlik is insekte 'n noodsaaklike deel van die voedselketting en is akkedisse en geitjies se stapelvoedsel. Word alle insekte doodgemaak, sal akkedisse en geitjies dus uitsterf. Dan sal slange uitsterf, want akkedisse en geitjies is weer hulle kos en op hul beurt eet valke weer slange. So sal dit aanhou tot alle lewe op aarde uitsterf.
Sowat 275 miljoen jaar gelede was daar naaldekokers met 'n reusevlerkspan van 71 cm, maar hulle het uitgesterf omdat insekte koudbloedig is en met temperatuurstygings het suurstofkwaliteit afgeneem.
Vir nog interessante feite en staaltjies oor insekte van dwarsoor die wêreld, koop Vrydag die Suid-Kaap Forum.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’