Update
HEIDELBERG NUUS - Die ATKV-galakonsert in die NG Kerk het feesgangers tydens die sesde Hessequa Harmonie-kunstefees aan van die land se beste musici bekend gestel én het ook die talent van die gemeenskap ontgin met 'n massakoor.
Dit was 'n klassieke musiekproduksie met die dirigent Reghardt Kühn, die Universiteit van Stellenbosch se strykorkes, Winand Grundling (orrel), Elna van der Merwe (klavier), die soprane Anina Wasserma, Lynelle Kenned en Zanne Stapelberg, die mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce en die baritons Corneil Muller en Niël Rademan.
Oor die 250 lede van verskeie kore het saam met die room van die Suid-Afrikaanse klassieke musiekwêreld, onder leiding van Betsie Rykie, opgetree.
Die massakoor is saamgestel uit koorlede van Panorama Primêr, Voorwaarts Primêr, Melkhoutfontein Primêr, Hoërskool Heidelberg en Riversdal Uitvoerende Kunste. Die De Rust Futura Academy se marimba-spelers het ook deelgeneem.
Die kore het voor en weerskante op die galery plek ingeneem en hul vertolking het telkens staande applous gewerf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’