HESSEQUA NUUS - Dit is weer tyd vir die 6-’n-kant krieket uitdaging.
KANSA, in samewerking met Hessequa-munisipaliteit daag skole en besighede uit om deel te neem.
Die toernooi sal van Maandag 1 tot Vrydag 26 Oktober plaasvind.
Toerusting sal vir spanne wat nie het nie voorsien word.
Sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 21 September. Omdat KANSA van donasies afhanklik is, moet spanne ’n R200 donasie gee om te kan inskryf.
Vir meer inligting skakel die organiseerder, Ampie Moses by 076 777 9327 of Callie Abrahams by 083 543 1124.
Indien jy ’n stalletjie wil bespreek skakel Brenda Scholtz by 082 825 6341.
Klik hier vir die inskrywingsvorm.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'