Die Easycare Kwagga Top 10-atletiekbyeenkoms vind 9 en 10 Oktober plaas. Altesaam 52 hoërskole en 25 laerskole sal verteenwoordig word. Van die bekende skole wat deelneem, is Hoër Jongenskool Paarl (HJS Paarl), die Hoërskool Menlopark van Pretoria, Hoër Meisieskool Paarl, La Rochelle Girls' High en Paul Roos Gimnasium. Volgens die organiseerders is die Rosemoor-baan in 'n goeie toestand en kan toeskouers daarna uitsien om provinsiale, nasionale en internasionale atlete in aksie te sien.