Gallery Video
JONGENSFONTEIN NUUSFLITS EN VIDEO - Lieflike sonskynweer en 'n wolklose dag het die 27ste galjoenderby, aangebied deur die plaaslike rots- en strandhengelklub, op Saterdag 11 Augustus begroet.
'n Witsand hengelaar, Gerhard Groenewald het die grootste galjoen (55cm) uitgetrek en 'n jong leerder van Laerskool Bertie Barnard, Danielle Coetzee, het die kleinste enetjie aan die hoek gehad.
Alle visse wat die dag gevang is, is weer in die see teruggeplaas.
Die organiseerders, Raldu Potgieter, Xander de Beer en Stephan van Huyssteen bedank die weegmeesters wat hul gehelp het, asook al hul borge wat die byeenkoms moontlik maak.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'