SUID-KAAP NUUS - Die jaarlikse Arms Tackle and Outdoor-galjoenderby vind weer eerskomende Saterdag 29 Julie plaas.
Hengelaars sal van die Knysna Heads af tot by Gouritsmond om die groot hengelpryse kan meeding. Daar is ook verskeie gelukstrekkings op die spel.
Kaartjies is by Arms and Tackle, Sportcentre en X-Treme Fishing in George beskikbaar asook by X-Treme Outdoors en J&J Marine Sales in Mosselbaai en Breezers Fishing in Knysna.
Vir enige navrae bel 044 873 2178.
'Ons bring jou die nuutste Suid-Kaap nuus'