Die gewilde wedvaart vind plaas oor vyf dae en 702 kilometers.
Daar het hierdie jaar 34 spanne, waarvan een van Rusland ingeskryf vir die wedvaart.
Reinier Becker en 'co-driver' Burger Briedenhann van Stilbaai neem ook hierdie jaar deel aan die gewilde wedvaart. Volgens 'n persverklaring vanaf die Trans Agulhas organiseerders sal die tweede been van die wedvaart onthou word vir vyf tot ses meter deinings en sterk winde. Drie bote het nie die been van die wedvaart voltooi nie en een het omgeslaan naby Mosselbaai punt.
Die dag se uitslae
Die span van Robertson Abattoir (Eben de Bod en Gerhard Fernhout) was in die eerste plek met 'Team Imperial Cargo (Wimpie Ackerman en Whitey Louw) in tweede plek.
Die uitvoerende burgemeester van Hessequa, rdl. Emor Nel het die prysuitdeling by Stilbaai se Lappiesbaaistrand bygewoon.
Die deelnemers het Maandagoggend, 30 Desember vanuit Stilbaai na Struisbaai vertrek vir die volgende 161 km van die wedvaart.
.jpg)
Foto's: Louise Mouton
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai | Hessequa nuus'