STILBAAI NUUS - Henry Terblanche van George, lid van Stilbaai-hengelklub het Saterdag 3 November tydens die Eden-kushengel ligabyeenkoms wat op Stilbaai plaasgevind het, 'n reuse swart pylstert van 149,5 cm en 111,88 kg uitgetrek.
Hy het vir twee ure en 40 minute gespook om dié vis te land wat, nadat dit gemeet is, weer veilig en ongeskonde vrygelaat is.
Die voorsitter van die klub, Raldu Potgieter, het 'n week gelede selfs nóg 'n groter pylstert hier uitgetrek wat so 184 kg geweeg het met 'n vlerkspan van 1,78m.
Dié meneer het hom drie ure 15 minute lank besig gehou. Dit is ook weer veilig vrygelaat.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'