WITSAND NUUS - 'n Pikkie van ses wat self maar 22 kg weeg, het Sondag 10 Februarie 'n tamaaie haai gevang.
Xandré de Beer (6) het 'n skeurtandhaai van 130 kg by die riviermonding by Witsand uitgetrek.
Dié gr. 1-leerder aan Laerskool Volschenk op Riversdal het later die dag ook 'n diamantrog van 40 kg en 'n blou-pylstert van 3 kg uitgetrek. Volgens sy pa, Xander, het Xandré sy eerste vis gevang toe hy sowat twee jaar oud was.
"Vir 'n outjie van ses het hy nogal besondere vernuf. Ek het vir hom gesê as hy die vis haak, moet hy dit self uitbring. Hy het nie spesifiek gehengel om 'n haai te vang nie, maar dit was 'n groot oomblik."
Xandré het die haai en die ander twee visse met ligte gerei en makriel as aas gevang. Al drie visse is weer vrygelaat.
Xandré de Beer (6) het die diamantrog van 40 kg by Witsand gevang.
'Ons bring jou die nuutste Witsand, Hessequa nuus'