STILBAAI NUUS - Die organiseerders van die sesde Stilbaai Kajak Classic hengelkompetisie wat van twee tot drie Maart plaasvind verwag ongeveer 100 inskrywings vir hierdie baie gewilde toernooi.
Hengelaars van so ver as Kaapstad en die Oos-Kaap het alreeds ingeskryf en kom Stilbaai toe vir daardie ontwykende grote wat lê en wag.
Registrasie is Vrydagmiddag van 15:00 tot 16:00 by Stilfishing in Voortrekkerstraat en die inskrywingsgeld is R450.
Saterdag hengel hulle van 05:20 tot 16:00 en Sondag van 05:20 tot 10:00.
Die inweeg van die vangste vind plaas by die hawemuur en die publiek word genooi om te kom deel in die pret.
Daar is groot pryse op die spel, onder andere twee kajakke ter waarde van R18 000 elk.
Vir enige navrae kan Morné D'Emiljo geskakel word by 082 446 5701 of jy kan ingaan op hulle webtuiste.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’