STILBAAI NUUSFLITS - Mariette Westraadt en Willie Vorster was Stilbaai-hengelklub se top-dames hengelaar en hy die top-meester hengelaar.
Dit was tydens die tweede winterliga kompetisie deur Eden-hengelassosiasie op 6 en 7 Julie tussen Stilbaai en Knysna.
Hendrico Lesch van Outeniqau-hengelklub het die swaarste oneetbare vis, ’n sloephaai van 24,64 kg ingeweeg.
Die volgende kompetisie vind Saterdag 21 Julie plaas.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'