STILBAAI NUUS - Weegmeesters word benodig om te help met die Galjoen Derby wat eersdaags plaasvind.
"'n Groot fokus word op vang en vrylaat geplaas om sodoende ons visbronne te beskerm."
"Vir dié doel het ons weegmeesters nodig om teen die kus te beweeg om te help met die meet en terugplaas van die visse," verduidelik Xander de Beer van Stilbaai Hengelklub.
"Hoe meer hande ons het, hoe makliker is dit. Dit is vir 'n goeie doel."
Van die spanne wat deelneem kan ook 'n ekstra persoon saambring om te help. Persone wat bereid is om te help, of weet van iemand wat sal help kan hy by 082 810 4918 gekontak word.
Die derby vind op 5 Augustus plaas.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'